Saturday, 14 April 2012

Bly gesond, werk beter


'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees - deesdae makliker gesê as gedaan. En die werksplek - waar gesondheid vir liggaam én gees belangrik is, verg soveel dat etenstye nie meer bestaan nie. BEPLAN VOORUIT, is die wagwoord. Waardeer en pas jou gesondheid ten alle koste op. 'n Holistiese benadering is noodsaaklik: Beperk stres daagliks - om die kers aan beide kante te brand, werk nie. Slaap genoeg. Eet gesond. Oefen daagliks, al is dit trappe klim vir vyf minute. Gaan sien soms 'n naturopaat. Drink water. Kry vars lug. Spreek voedselallergieë aan - dit kan  gewigstoename veroorsaak. Vermy preserveermiddels en stimulante. Hou stiltetyd. Die lys is oorbekend, maar ook eindeloos. Beplan naweke en hou 'n 'kosvoorraadlaai' by die werk aan.

ALGEMENE BEPLANNING:
  • Sit twee tot drie liter gefiltreerde of gedistilleerde water saans al in die motor - minimum 300 ml (glas) per 10 kg liggaamsmassa daagliks! Rugpyne en ander skete kan verdwyn.
  •  Vul jou "werk-voorraadlaai" gereeld aan met neute, sade, rosyntjies, biltong, donker (85%) sjokolade, groen- of kruietee, fyn hawermout, rou heuning, pienksout, kaneel, alkaliese poeier, vitamienes en minerale.
 SOGGENS BY DIE WERK:
  • Verwerk naweke 'n waatlemoen / turksvye / aarbeie in bakkies - gereed vir inpak.
  • Los pruime, appels of pere by die werk. Drie pruime of 'n bakkie aarbeie is 'n uitstekende bloedsuikerstabiliseerder en gelyk aan die "Glycemic Load" van 'n maaltyd. Eet soggens meestal rou vrugte van verskillende kleure!
  • Fyn hawermout (nie die kitspapsoort nie) in kookwater, is na vyf tot 10 minute se staan dik genoeg (vermy maar die mikrogolfoond) en met sade, heuning en kaneel (bloedsuikerstabiliseerder) 'n afwisseling vir vrugte.
  • As plaasvervanger vir  koffie of tee (op 'n leë maag) is 'n koppie lou water met alkaliseerder uitstekend vir jou pH-balans en en kan kwale in die niet verdwyn. Diep asemteue alkaliseer ook die liggaam. Dieselfde met gebed - dis bewys dat breingolwe kalmeer as die Onse Vader-gebed opgesê of geneurie word.
 SMIDDAE BY DIE WERK:
  • Kook naweke eiers. Koop biltong en avokadopere. Vries handpalmgrootte porsies hoender. Teen middagete is dit ontdooi om saam met rou kos te eet. 'n Pakkie peulertjies, groenboontjies, rou mielies en 'n hele groen, rooi, geel rissie of sampioene dien as "slaai" saam met 'n proteïenporsie hierbo.
  • Kollegas kan saamspan en beurtelings 'n groenslaai voorberei.
  • 'n Hele avokadopeer het genoeg proteïen vir 'n volledige middagmaal.
  • Indien die vrieskos vergete bly, werk neute, sade of biltong ook goed saam met rou groente.
ADDISIONELE BEPLANNING:
  • Neem ingeligte besluite oor voedselaanvullings. Vit C is onontbeerlik in die "voorraadlaai". Drink 3 000 tot 5 000 mg in verdeelde dosisse regdeur die dag. So ook MSM, Curcumin (borrie) en Omega 3 - 'n kombinasie van hierdie vier verrig wondere vir 'n kopseer en is onskadelik - selfs in megadosisse!
  • Donker sjokolade is kankerwerend én breek jou lus vir soetigheid.
  • Vermy witmeel, suiker en suiwel - al meer studies (alhoewel kontroversieel) bewys dat dit die immuunstelsel verswak en kankerselle "voer"
  • Doen naslaanwerk oor die 'Glycemic Load' van voedselsoorte - die "Low Glycemic Index (GI)" beteken niks in terme van gewigsbeheer as eersgenoemde nie verstaan en toegepas word nie.
 Ongelukkig oortree ons dikwels as gevolg van onkundigheid en tydsgebrek. Skryf in op 'n nuusbrief van 'n goeie gesondheidswebtuiste soos www.NaturalNews.com - stelselmatig doen 'n mens waardevolle kennis op. Gaan kyk bv op die NASA-webwerf na die spinnerak van 'n spinnekop vol kafeïen! 

As gevolg van ons menslike natuur oortree almal maar van tyd tot tyd. Wanneer "te veel" egter die norm word, begin die liggaam rebelleer deur gewigstoename, allergieë en siektes. "Matigheid voor oë", bly dus maar die goue reël!

If you want to follow this blog by email, please subscribe right at the bottom of this page.

No comments:

Post a Comment